iPhone 4 hier – en toe’s hy weg!

2010-09-26 14:30
Tweets Share Share line Print

Rapport

Honderde tegnologievrate het ure lank tougestaan in die hoop om een van die beperkte oplaag iPhone 4- fone te kry wat Dinsdag om middernag in Suid-Afrika bekend gestel is.

Sowel MTN as Vodacom het hul beperkte voorraad binne ure uitverkoop nadat hulle spesiaal hul grootste winkels in Johannesburg, Kaapstad en Durban geopen het vir die bekendstelling van dié foon.

By MTN se winkel in Sandton City in Johannesburg het mense drie uur lank gretig tougestaan in die hoop om ’n foon te bekom wat slegs vir kleinhandelverkope beskikbaar gestel is, sê Bridgette Bhengu, MTN-woordvoerder.

“Ons is oorbluf deur die reaksie van gebruikers wat met mag en mening by ons winkels was om ’n foon te kry. Die iPhone-manie het Suid-Afrika beslis getref, al is dit op ’n kleiner skaal as in die res van die wêreld.”

MTN het sy beperkte voorraad van 4 500 fone binne ’n dag uitverkoop en volgens Bhengu is nog besendings van die foon reeds op pad na Suid-Afrika. Vodacom was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Volgens Hilton Tarrant van die internetkoerant Moneyweb is daar tans na raming 120 000 iPhone-gebruikers in die land, waarvan 90 000 hul fone by Vodacom gekoop het.

Vodacom het in die verlede die alleenreg gehad om die iPhone in Suid-Afrika te versprei, terwyl die iPhone 4 deur sowel MTN as Vodacom verkoop word.

Albei selfoonreuse is gretig om die foon plaaslik te verkoop aangesien hulle baie goeie wins maak uit iPhone-gebruikers wat die iPhone as internettoestel gebruik, aldus Toby Shapshak, redakteur van die tegnologietydskrif Stuff.

Volgens data van Vodacom gebruik iPhone-eienaars gemiddeld 150 megagreep (MB) data per maand, teenoor ander slimfoongebruikers wat gemiddeld 23 MB gebruik, sê Shapshak.

Die rede vir die hoër verbruik is dat die iPhone se internet-ervaring die beste is wat op ’n slimfoon beskikbaar is, sê hy.

Al doen die iPhone wat die meeste ander slimfone kan doen, is dit die foon se gebruikersvriendelikheid, ’n kristalhelder skerm, sexy ontwerp en ’n kultusaanhang wat dit besonders maak, sê Shapshak.

- Rapport

Lees meer oor: iphone 4  |  sci-tech

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.