iPhone 4 eersdaags in SA
2010-08-19 04:07
Kaapstad - Pieter Uys, uitvoerende hoof van Vodacom, het op die sosiale netwerk Twitter aangekondig dat die iPhone 4 teen einde September in Suid-Afrika beskikbaar sal wees.
Uys het egter nie gesê wat die prys van die toestel sal wees nie.
Die iPhone 4 sou op 24 Junie 2010 in Amerika, Engeland, Frankryk, Duitsland en Japan vrygestel word, maar weens vertragings moes klante in dié lande tot 14 Julie wag.
Die internasionale vrystelling vir 'n paar uitgesoekte lande was in die laaste week van Julie.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter