Zuckerberg hou vriende naby, vyande nóg nader

2011-07-01 12:11
Tweets Share Share line Print

New York – Terwyl die internet-reus Google suinig vriende kies om na sy nuwe sosiale netwerk te nooi, staan 'n Trojaanse perd klaar binne sy mure.

Die Facebook-stigter Mark Zuckerberg het ‘n profiel op Google+.

Soos Forbes egter opgemerk het lyk hy nie baie gelukkig om daar te wees nie. Sy dowwe profielfoto is esteties ligjare agter die stralende glimlag wat sy Facebook-blad opkikker.

“Ek maak dinge,” stel hy homself ook kortaf op sy profiel voor.

Google se nuwe sosiale netwerk mik om Facebook se tekortkominge reg te stel en die deel van inligting meer selektief te maak.

“Nie alle verhoudings is gelyk nie,” het Google se adjunk-hoof-ingenieur Vic Gundotra vroeër vandeesweek gesê. “In werklikheid deel 'n mens dalk een ding met vriende, ‘n ander met ouers en byna niks met jou baas nie.”

Google+ is by die webadres plus.google.com te vind, maar is tans net aan ‘n handjievol mense beskikbaar en word nog getoets.

Uitnodigings om die sosiale netwerk te gebruik word per e-pos aan gebruikers gestuur.
 
– Lees meer hier.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: mark zuckerberg  |  facebook  |  google+

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.