Zorro tuis by nuwe watergat

2010-07-06 10:40
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Zorro, die weerbarstige jong seekoeibul wat verlede jaar uit die Rondevlei-natuurreservaat in die Skiereiland weggeloop het, is Maandag ná ’n tamaai aankeerproses na sy nuwe tuiste buite Worcester vervoer.

Dié bulletjie is uiteindelik – ná 18 maande se rondlê in ’n dam by die Kaapse Vlakte-rioolwerke – in ’n boma vasgekeer toe hy daarbinne lusern gaan vreet het.

Vandat hy Maandag omstreeks 03:30 opgemerk is in die boma, wat opgerig is om hom te vang, is daar bontgestaan om hom te lok na ’n vraghouer wat aan die een kant van die boma deur Rigwell Machinery laat sak is. Daar is inderhaas ’n pad geskraap sodat die vragmotor met die houer daarop tot by die boma kon kom.

In een van Zorro se verskeie ontsnappingspogings Maandag het hy so byna uitgebreek.

Natuurbewaarders van die Kaapstadse munisipaliteit moes ’n bakkie teenaan die boma parkeer om die symuur, gemaak van houtbalke en planke, te stut. Zorro was nie bang vir dié bakkie nie en het selfs ’n hap uit modderskerm probeer vat.

Dr. Elzette Jordan van die Kaapstadse munisipaliteit was die veearts op die toneel. Sy het gesê Zorro kon nie met kalmeermiddels bedaar word nie omdat hy te swaar is om op te lig as hy gaan lê.

Dié bul trek nou al die skaal op sowat 1,2 ton. Die boma is gebou toe hy nog ’n jong knaap van 800kg was, en hy was nie gelukkig toe hy besef hy is daarin vasgekeer nie. Hoewel hy voortdurend van buite die boma natgespuit en lusern gevoer is, het hy sy woede telkens ten toon gestel.

Wanneer Zorro gestorm het, het mense buite die boma versigtig ver gestaan of baie vinnig in alle rigtings begin hardloop.

“As hy ’n opening sien, val hy aan en probeer uitkom. Die laaste keer het hy ’n hele deel van die boma uitgestoot en ons moes dit versterk,” het André Meriewein, ’n veldwagter, op die toneel gesê.

Meriewein het verduidelik dat ’n seekoei gevaarlik is. “’n Mens moet nooit tussen ’n seekoei en die water kom nie. Hy sal jou verpletter.”

Vroegmiddag is hy uiteindelik “oorreed” om die vraghouer waarmee hy vervoer sou word, binne te gaan.

Laatmiddag was Zorro veilig en rustig by sy nuwe tuiste, die stet Fairy Glen- private wildreservaat buite Worcester. Die bestuurder daar, Johan Botes, het gesê Zorro het gekalmeer en het hom laatmiddag reeds rustig by ’n watergat tuisgemaak.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: seekoei  |  sci-tech

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.