YouTube vra gebruikers om te help met fliek
2010-07-07 20:13
VSA - YouTube gaan ‘n “lewe in die dag van”-fliek bekendstel waar gebruikers die kans gegee sal word om mede-regisseurs te word nadat hulle beeldmateriaal van hul daaglikse lewens opgelaai het.
Met die hulp van die regisseur Kevin Macdonald en die vervaardiger Ridley Scott, word daar beplan om die fliek op 24 Julie bekend te stel. Dit sal saamgestel word uit gebruikers se inhoud van regoor die wêreld.
“Ek hoop dit sal iets wees wat mense se oë sal oopmaak vir moontlikhede van verbruikers-gegenereerde flieks,” het Macdonald, wat die regisseur vir die fliek The Last King of Scotland was, gesê.
Lees meer by Sky News
Volg Nuus24 op Twitter