Ewige jeugdigheid dalk nie só vergesog
2011-07-05 12:02
Londen – ‘n Chemiese stof in die grond van een van die wêreld se mees afgeleë eilande kan veroudering dramaties vertraag en gee hoop vir jong kinders wat aan die seldsame verouderingsiekte progerie ly.
Rapamycin is in die grond van die Paaseiland, sowat 3 200 km vanaf die kus van Chili, gevind.
Dit is in eksperimente op kinders wat aan Hutchinson-Gilfordprogeriesindroom (HGPS of progerie) ly getoets.
Dié uiters seldsame genetiese siekte veroorsaak versnelde veroudering en kinders sterf weens “ouderdom,” gewoonlik in hul vroeë tienerjare.
‘n Proteïen genaamd progeria bou in die jong pasiënte se selle op en veroorsaak snelle veroudering.
Rapamycin het progeria uit die selle skoongevee, die defekte uitgeskakel en slegs die gesonde selle agtergelaat.
Die navorsing is in die wetenskapjoernaal Science Translational Medicine gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.