Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Afrika opgewonde oor Windows 8

2012-10-26 09:23
Tweets Share Share line Print
Video - Só lyk Microsoft se 'iPad'
Microsoft het sy mededinger vir die iPad, die nuwe Surface-tabletrekenaar, bekendgestel. KYK
 

Johannesburg – Rolspelers in die Suid-Afrikaanse tegnologiebedryf het Microsoft se nuwe Windows 8 by 'n bekendstellingsgeleentheid in Johannesburg met groot belangstelling van nader beskou.

Die sagtewarereus Microsoft, wat hom deesdae meer op toestelle en rekenaarverwante dienste toespits, het die nuwe weergawe van sy wêreldbekende Windows-bedryfstelsel bekendgestel.

Bekendes soos die Olimpiese gouemedaljewenner Chad le Clos het die geleentheid bygewoon.
 
“Een van die eerste dinge wat nogal koel is van die nuwe Windows is die prentjiewagwoord,” het Le Clos gesê terwyl hy Windows se nuwe wagwoord-stelsel op die proef gestel het.

Gebruikers van Windows 8 hoef nie meer 'n gewone wagwoord te gebruik nie, maar kan bloot op 'n spesifieke manier op 'n gekose foto kliek, of hulle vingers daaroor trek, om die stelsel te ontsluit.

Mteto Nyati, Microsoft SA se uitvoerende hoof, het aan Nuus24 gesê die visuele aspek van Windows 8 en die manier hoe dit op 'n raakskerm werk is veral van belang in 'n Afrika-konteks, omdat raakskerms en mobiele toestelle op die kontinent meer algemeen gebruik sal word as groter rekenaars.

“Jy moet verstaan, die mobiele tegnologie word oral deur inwoners van Afrika gebruik,” het hy gesê.

“Ons dink daar gaan 'n soortgelyke neiging wees in terme van tabletrekenaars, en die dryfkrag daaragter is die finansiering van tabletrekenaars of selfone deur selfoonmaatskappye.”

Tabletrekenaars kan op kontrakbasis van selfoonmaatskappye verkry word, wat dié toestelle meer gewild maak. Die nuwe voorkoms van Windows, wat baie meer geskik is vir raakskerms, sal dié bedryfstelsel 'n gewilde opsie maak.

Hy het ook gesê die ontwikkeling van toepassings vir Windows 8 kan baie beteken vir Afrika-entrepreneurs. 
 
“Die ander dryfkrag vir hierdie [bedryfstelsel] sal die toepassings wees: Met die geleentheid wat Windows 8 deur middel van die Windows Store aan Afrikane sal gee om geld te maak uit toepassings, sal ons meer toepassings sien wat geskryf word, wat relevant is vir Afrika.”

Kyk hier na 'n video wat wys hoe Windows 8 se prentjiewagwoord-stelsel werk:



– Volg Nuus24 op Twitter.

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Wilmar Pienaar sê... Die volk teel meer as 97 000 per jaar aan. Nou hoe nou gemaak? Moet die belastingbetaler daarvoor ook betaal? Wonder hvl vd miljard rand projek beland op die grond en hvl in eskom werkers se sakke. Eish hier kom weer n verhoging. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.