Wildreservaat kry nuwe lewe

2012-01-04 11:29
Tweets Share Share line Print

Lilongwe  – In slegs agt jaar het African Parks Network, ‘n Suid-Afrikaanse nie-regeringsorganisasie, meer as 2 500 diere in die Majete-wildreservaat langs die Shire-rivier in Malawi gevestig.

“Majete is ‘n suksesverhaal wat herinner aan Noag se Ark,” het Peter Fernhead, die hoof van die organisasie, met verwysing na die Bybelse verhaal van Noag, gesê.

Die reservaat is in 1955 gestig, maar wildstropers het met die tyd byna al die diere onwettig gejag.

Slegs ‘n paar bobbejane het in die 700 km2-park oorgebly toe African Parks die bestuur daarvan oorgeneem het en ‘n ooreenkoms met die Malawiese regering in 2003 aangegaan het.

“Daar was geen beheer nie. Die laaste olifant is in 1992 doodgeskiet,” het Patricio Ndadzela, die reservaat se direkteur, gesê.

‘n Paar dekades terug was daar honderde, het hy gesê.

“Geen toeriste het meer na die reservaat gegaan nie. Daar was niks gewees nie!”

Sedert die nuwe bestuur oorgeneem het, het Majete die nuwe tuiste van 742 impalas, 359 swartwitpense, 306 buffels, 250 olifante, 177 sebras, 158 vlakvarke, sewe swartrenosters en vier luiperds geword.

“Ons verskuif slegs die diere wat eens op ‘n tyd hier gevestig was,” het Fyson Suwedi, ‘n wildbewaarder, gesê. Dit beteken geen kameelperde of volstruise sal na die reservaat, wat heeltemal omhein  is, geneem word nie.

Teen volgende Junie sal ‘n paar leeus na die reservaat geneem word om die Groot Vyf daar te vervolmaak.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AFP

Lees meer oor: malawi  |  diere  |  wildstropers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.