Wilde perde terug na hul natuurlike habitat
2011-06-14 19:58
Praag – ‘n Tsjeggiese militêre vervoervliegtuig het
vier seldsame wilde perde na Mongolië gevlieg in ‘n poging deur Praag se
dieretuin om dié bedreigde diere in hul natuurlike habitat te hervestig.
Die drie merries en ‘n hings moet eers 6 000
km vlieg en dan ‘n verdere 280 km per trok vervoer word voordat hulle by hul
eindbestemming, die Mongoliese reservaat van Khomin Tal, uitkom.
Przewalski-perde kom al sedert die laat 1960’s
nie meer wild voor nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP