Wilde buffels word vermis
2011-03-25 19:23
Warsaw – ‘n Trop seldsame buffels in Pole het vermis
geraak, maar owerhede hoop dat die diere bloot oor die grens gewandel het.
Die Poolse owerhede is egter bekommerd dat dié
sowat 20 buffels deur wilddiewe geteiken gaan word of terugkom met beserings.
Hulle het vermoedelik die grens tussen Pole en
die Oekraine oorgesteek.
Volgens Marek Marecki, ‘n wildbewaarder in die
suidooste van Pole, het wilde buffels ‘n paar jaar gelede amper heeltemal
uitgesterf.
Die getalle het egter herstel en daar is nou
sowat 300 buffels in dié land.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA