Wikipedia wil die wêreld vriendelik oorneem
2011-01-13 19:00
New York - Tien jaar na
die ontstaan van die eens vaalseunwebwerf, mik Wikipedia om kennis verniet die wêreld oor stuur.
Na ‘n
mislukte poging om ‘n konvensionele aanlynensiklopedie (Newpedia) op die been
te bring, het Jimmy Wales vir Wikipedia sonder veel verwagtinge die lig laat sien.
Vandag is
meer as 26 miljoen artikels in meer as 250 tale op Wikipedia te lese.
Dié blad, wat
deur alle gebruikers geredigeer en opdateer kan word, het die eerste plek geword waar
inligting opgesoek kan word.
Soos toegang
tot die internet in ontwikkelende lande verbeter wil Wikipedia ook kennis na
dié dele van die wêreld versprei.
“Soos wat
ontwikkelende lande aanlyn kom sal Wikipedia daar wees vir hulle om te gebruik,”
het Wikipedia se uitvoerende direkteur, Sue Gardner, gesê.
Selfs in
Chinees word Wikipedia daagliks verryk. “Chinese Wikipedeans hoop ‘n ryk, hoë
gehalte ensiklopedie sal reg wees vir Chinese as toegang tot die internet daar
minder beperk word,” het Gardner gesê.
Daar is tans
sowat 100 000 kern Wikipedia bydraers; dié wat meer as vyf bydraes per maand
maak.
“Die tipiese
bydraer is ‘n gegradueerde manlike wetenskapstudent in sy middel twintigs. Hul is ook uiters gefokus op syfers en detail," reken Gardner.
In strydig
met kritiek van talle akademiese instellings is Wikipedia hoogs akkuraat. ‘n
2006 studie in Nature het bevestig dat Wikipedia se akkuraatheid vergelykbaar
is met Encyclopedia
Britannica, die goudstandaard ensiklopedie. “Wikipedeans is regtig, regtig
slim,” het Wales beklemtoon.
Gardner glo Wikipedia
sal sonder winsbejag voortgaan. Die maatskappy wat 50 werknemers in diens neem,
het onlangs laas jaar se fondsinsamelingspoging se sukses verdubbel en meer as
$16 miljoen (sowat R110 miljoen) ingesamel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP