Wikileaks buite perke vir VSA se militêre personeel
2010-08-06 13:10
Washington - Die Pentagon het al sy militêre personeel verbied om Wikileaks – ‘n webblad wat sensitiewe inligting publiseer wat anoniem uitgelek word – te gebruik, berig Huffington Post.
Bryan Whitman, ‘n Pentagon-woordvoerder, het gesê die weermag, vloot, lugmag en kuswag is verbied om die webwerf te besoek.
In ‘n memorandum wat deur die vloot uitgereik is, word personeel gewaarsku om die webwerf nie te besoek nie.
Dit wil voorkom of dié verbod ook geldig is vir privaatgebruik, en nie net by die werk nie.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter