Wiki uit protes gesluit

2012-01-18 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die gratis aanlyn-ensiklopedie Wikipedia gaan Woensdag sy Engelse weergawe vir 24 uur sluit uit protes teen twee beoogde Amerikaanse internetwette.

Die twee wetsontwerpe, die Stop Online Piracy Act (Sopa) en die PROTECT IP Act (Pipa), is daarop gemik om die onwettige besit van intellektuele eiendom, soos musiek en rolprente, te bekamp.

Kenners, webwerfeienaars en internetgebruikers is egter bekommerd dat dié wette kan lei tot sensorskap en inperking van vryheid van spraak.

Luidens ’n verklaring van die Wikimedia-stigting, die nie-winsgewende organisasie wat Wikipedia bedryf, het meer as 1 800 lede van die Wikipedia-gemeenskap binne 72 uur gestem vir die tydelike sluiting van die webwerf. Dit is die grootste vlak van gemeenskapsbetrokkenheid wat Wikipedia nóg ondervind het.

“Wikipediërs wêreldwyd het vandag hul teenkanting van dié vernietigende wetgewing uitgespreek,” het Jimmy Wales, Wikipedia-stigter, gesê.

“Dit is ’n buitengewone stap vir ’n gemeenskap om te doen, en terwyl dit ons spyt om die wêreld selfs ’n sekonde van toegang tot Wikipedia te ontneem, kan ons net nie die feit ignoreer dat Sopa en Pipa vryheid van spraak in die Verenigde State sowel as in die buiteland bedreig nie. Dit skep ook ’n kommerwekkende presedent vir internet-sensorskap oor die wêreld.”

Die webwerf sal van 07:00 Suid-Afrikaanse tyd ontoeganklik wees.

“Ons glo in ’n vry en oop internet waar inligting sonder belemmering gedeel kan word,” het Sue Gardner, uitvoerende direkteur van die Wikimedia-stigting, gesê.

Die Obama-regering het die naweek ’n verklaring uitgereik om te sê dit sal Sopa en Pipa in hul huidige vorm teenstaan.

“Hoewel ons glo aanlyn-diefstal deur buitelandse webwerwe is ’n ernstige probleem wat ’n ernstige wetgewende reaksie verg, sal ons nie wetgewing ondersteun wat vryheid van uitdrukking inperk, kuberveiligheidrisiko’s verhoog, of die dinamiese, innoverende globale internet ondermyn nie,” lui die verklaring.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: tegnologie  |  media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.