Wiegdood gevaar vir kleiner babas
2011-08-17 14:19
Londen – Ouers van babas wat ondergewig gebore is moet beter ingelig word hoe om hul babas se kanse om 'n wiegdood te sterf, te verklein, het ‘n Britse liefdadigheidsorganisasie gesê.
Volgens nuwe navorsing is ondergewig babas (ligter as 2.5 kg) vyf keer meer geneig om aan wiegdood te sterf as babas wat met ‘n gesonde liggaamsmassa gebore word.
Die Foundation for the Study of Infant Deaths het gesê 316 Britse babas het in 2009 ‘n wiegdood gesterf.
Sedert advies oor die voorkoming van wiegdood in die 1980s algemeen geraak het, het die sterftesyfer weens wiegdood met 70% geval.
Die afgelope paar jaar staan die syfer egter stil rondom 300 babas per jaar.
“Ondergewig babas is uiters kwesbaar vir wiegdood en dit is baie belangrik om ouers in te lig hoe hulle dit kan voorkom,” het die hoof van die FSID, Francine Bates, gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.