WiFi binnekort op Mango-vlugte beskikbaar
2011-10-27 09:08
Kaapstad – Die lae-koste-lugredery Mango sal die eerste Suid-Afrikaanse lugredery wees wat WiFi-tegnologie aan boord sy vliegtuie beskikbaar sal stel, het iafrica.com berig.
Dit is deur die Burgerlike Lugvaartowerheid goedgekeur en WirelessG en Row44 sal die nodige toerusting installeer wat die dienste beskikbaar sal maak.
Sowat 67 % van die maatskappy se teikenmark het tydens ‘n opname gesê hulle sal van die dienste op die vliegtuig gebruik maak, het Carel van der Merwe, WirelessG se hoof uitvoerende beampte, gesê.
Hein Kaiser, ‘n woordvoerder vir Mango, het gesê die lugredery “is een tree nader daaraan om die eerste lugredery in Suid-Afrika te word wat die dienste op sy vliegtuie aanbied.”
Dit is nog nie bekend hoeveel die dienste sal kos nie.
– Lees die volledige berig op iafrica.com.
– Volg Nuus24 op Twitter.