Wetenskaplikes wil Mona Lisa-geheim onthul
2010-01-27 09:16
Kaapstad – 'n Groep Italiaanse wetenskaplikes wil vir eens en vir altyd die geheimsinnige Mona Lisa ontmasker deur Leonardo da Vinci se liggaam op te grawe.
Kunskenners en geskiedkundiges het nog altyd gespekuleer oor wie die vrou in die skildery kan wees.
Een teorie meen dit kan dalk Da Vinci self wees wat homself as 'n vrou vermom het, aangesien die bekende kunstenaar en uitvinder lief was vir raaisels.
Die wetenskaplikes glo hulle sal sy beendere, wat na bewering in die Loire Vallei in Frankryk begrawe is, kan gebruik om 'n relatief akkurate model van Da Vinci se gesig saam te stel en die teorie te toets.
Lees meer by die Daily Telegraph