Wetenskaplikes skepties oor Japan se WB-planne
2010-12-01 12:03
Tokio - Sokkerliefhebbers oor die wêreld staan in verwondering oor Japan se bod vir die 2022-sokkerwêreldbeker-toernooi – maar nie almal is oortuig dat dié land daarin sal slaag om sy ambisieuse planne 'n werklikheid te maak nie.
Japan, wat met Australië, Katar, Suid-Korea en die VSA meeding om die 2022-sokkerwêreldbeker-toernooi aan te bied, se wêreldbekerbod rus swaar op tegnologie wat nie reeds bestaan nie.
Die indrukwekkendste deel van Japan se plan behels die beeldsending van lewensgrootte hologramme in stadions oor die wêreld heen, wat dit sal laat voorkom asof regte spelers op 'n veld speel. Wetenskaplikes is egter nie seker of dié tegnologie teen 2022 beskikbaar sal wees nie.
Professor John Watson, 'n 3D-televisiekenner by die Universiteit van Aberdeen University, het sy bedenkinge oor die plan uitgespreek.
"Daar moet met 'n mens se kop tred gehou word, so as jy jou kop beweeg moet die beelde saam met jou beweeg. Jy gaan nie jou kop in een posisie hou tydens 'n sokkerwedstryd nie – jy gaan op en af spring, veral as jou tuisspan wen," het hy verduidelik.
Japan sal op 2 Desember weet of sy bod suksesvol was.
- Kliek hier vir die volledige berig.
- Volg Nuus24 op Twitter