Wetenskaplikes ontsyfer MIV-genoom
2009-08-06 21:53
Parys – Wetenskaplikes in die VSA het ‘n deurbraak gemaak in die stryd teen MIV/Vigs deur die algehele struktuur van die MIV-virus genoom te ontsyfer.
Die deurbraak verbreed die strategieë waarmee die virus beveg kan word deur middel van anti-retrovirale medikasie, het die wetenskaplikes gesê.
“Ons begin nou verstaan hoe die genoom help om die virus onsigbaar te maak in die selle van die menslike draer,” het Kevin Weeks, ‘n professor by die universiteit van Noord-Carolina en hoofargitek van die studie, gesê.
-AFP