Wêreld se oudste hond sterf

2011-12-08 14:54
Tweets Share Share line Print

Pusuke, die wêreld se oudste hond, is op 26 jaar en nege maande dood. (Kyodo News, AP)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Tokio – Die land wat gewoond daaraan is om die lewens van die wêreld se oudste mense te vier, moes die afgelope week ‘n ander legende groet toe die wêreld se oudste hond in Japan dood is.

Pusuke, ‘n basterreun, het Maandagmiddag op die ryp ouderdom van 26 jaar en nege maande gesterf.

Dit maak hom die ekwivalent van meer as 120 mensejare, het berigte gelui.

Die dier het skielik geweier om te eet en dit het voorgekom asof hy sukkel om asem te haal ná baie jare van goeie gesondheid, het sy eienaar Yumiko Shinohara volgens Kyodo News gesê.

“Hy was vir 26 jaar saam met my en hy was soos my kind,” het die 42-jarige Shinohara aan die Yomiuri Shimbun gesê.

“Ek wil net vir hom dankie sê dat hy so lank gelewe het.”

Pusuke is ‘n jaar gelede deur die Guinness Book of Records erken as die oudste hond in die wêreld.

Japanners het van die langste lewensverwagting in die wêreld, wat deels toegeskryf kan word aan ‘n gesonde tradisionele dieet en ‘n aktiewe lewenstyl.

Die regering het in September bekendgemaak dat 37 uit elke 100 000 mense in die land meer as 100 jaar oud is, ‘n totaal van 47 700, waaronder 87% vroue.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: japan  |  diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.