Wêreld se dunste skootrekenaar onthul
2012-01-09 11:02
Las Vegas – Taiwan se rekenaarreus, Acer Inc., het Sondag die wêreld se dunste skootrekenaar op die skou vir verbruiker-elektronika in Las Vegas onthul.
Acer Aspire S5-modelle word in die tweede kwartaal van die jaar verskeep en pryse sal in komende weke bekend gemaak word.
"Die S5 is nogal merkwaardig," het Tim Bajarin, 'n ontleder van Creative Strategies, gesê.
Die Aspire S5 se skerm is 34 cm groot en die skootrekenaar is 15 mm by sy dikste punt en weeg bietjie minder as 1,35 kg.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP