Welpie verruil woonsteldak vir wolke

2011-11-10 09:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Leeuwelpie van net twee maande het sowat 7 800 km gevlieg om ’n nuwe blyplek in Suid-Afrika te kry.

Little Leo, soos hy by die Drakenstein-leeupark buite die Paarl gedoop is, het Sondag in Suid-Afrika aangekom nadat hy uit Beiroet, Libanon, gered is.

Hy is op ’n woonstelbalkon op die 14de verdieping van ’n gebou gevind waar hy as ’n troeteldier aangehou is. Hy is met behulp van DHL Express en die Emirates-lugdiens na Suid-Afrika gebring.

Die nieregeringsorganisasies Animals Lebanon, Marchig Animal Welfare Trust en Elizabeth Elstob het ook ’n groot rol in die redding en hervestiging van Little Leo gespeel.

Volgens mnr. Paul Hart, eienaar van die leeupark, is dit nog te vroeg om te sê of Little Leo goed aanpas, maar dit gaan onder die omstandighede goed met hom.

“Hy het nog enkele gedragsprobleme. Hy was nooit in die buitelug nie en kyk elke keer op op soek na ’n dak bo sy kop (omdat hy in ’n woonstel aangehou is).

“Hy is die 35ste leeu wat ons al gered het en is tans die jongste.”

Hart het gesê Libanon het geen wette wat die aanhou van wilde diere as troeteldiere belet nie.

“Leeu- en jagluiperdwelpies word in Libanon ingesmokkel en as troeteldiere verkoop. Hul lewe is egter van korte duur as gevolg van onvoldoende diëte en onvoldoende skuiling.

“Dié wat wel oorleef, lewe dan in haglike omstandighede in hokke of private dieretuine,” het hy gesê. 

– Volg Nuus24 op Twitter.


- Die Burger

Lees meer oor: natuurbewaring  |  leeus  |  diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.