Weermag vra koeëlvaste onderbroeke
2011-04-14 13:31
Washington– Die Amerikaanse vloot is bekommerd oor die beskerming van hul manskappe se geslagsdele, maar dit is nie die rondloop op die dorp ná die skip aanlê wat pla nie.
Ontploffings uit lae hoeke tref die manlikheid glo gereeld en tradisionele duikerspakke laat die hoogs beaarde area kwesbaar ten gunste van beweeglikheid.
“Tuisgemaakte bomme tref die manskappe gereeld in die dyslagaar, die geslagsdele en in die boudnaat,” het ‘n beampte gemaan.
Die marinekorps het die bestelling van 27 500 “ballistiese onderbroeke” ingedien om “doeltreffendheid in die veld” te verbeter.
Lees die volledige storie hier.