Weermag help om renosterstropery te bekamp
2010-11-18 09:01
Kaapstad – Suid-Afrika se weermag gaan wildparke help om renosterstropers af te weer, het die ministerie van verdediging aan BBC gesê.
"Dit word vir ons 'n prioriteit. Ons kan nie voortgaan met 'n situasie waar renosters doodgemaak word nie," het 'n woordvoerder van die departement gesê.
Meer as 200 renosters is sedert die begin van die jaar vir hul horings doodgemaak.
Die weermag sal nie by die polisie oorneem nie, maar sal addisionele toerusting verskaf.
Ndivhuwo wa ha Mabaya, woordvoerder van Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het gesê die reëling word nog gefinaliseer.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter
- AP