Waterbronne erg onder druk
2011-11-15 08:18
Johannesburg – Meer as die helfte van Suid-Afrika se riviere en vleie word bedreig, maar daar is nog gesonde ekostelsels in die land.
Só het Rejoice Mabudafhasi, adjunkminister van waterwese en omgewingsake, gister gesê by die bekendstelling van Suid-Afrika se eerste atlas waarop die toestand van die land se waterbronne aangedui word.
“Daar is geen twyfel nie dat Suid-Afrika se waterbronne onder ernstige druk is.”
Die WNNR, die Waternavorsingskommissie, die Wêreldnatuurfonds (WWF), SANParke, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversi- teit (Saiab), asook die departemente van waterwese en omgewingsake het die afgelope drie jaar aan die atlas gewerk.
Mabudafhasi het gesê die enkele riviere wat nog behoorlik funksioneer moet nou daarvoor sorg dat Suid-Afrika in die toekoms vars water het.
Ernst Swartz, senior wetenskaplike by Saiab, het gesê hy meen dié projek gaan help om Suid-Afrika se varswatervis beter te bewaar omdat die atlas aantoon waar hulle bedreig word en waar meer van hulle voorkom.
Volgens Trevor Balzer, waarnemende direkteur-generaal van omgewingsake, kom die bekendstelling van die atlas op die regte tyd, twee dae nadat die nasionale beplanningskommissie sy ontwikkelingsverslag bekendgestel het.
“Water moet die kern van alle ontwikkeling uitmaak.”
Hy het daarop gewys dat ontwikkeling nie moet gebeur soos in Mpumalanga waar die Olifantsrivier oor jare misbruik is nie.
Jeanne Nel van die WNNR, projekbestuurder van die atlas, het gesê die enigste sytak van die Olifants wat nie besoedel of opgedam is nie, is die Blyderivier.
“Die Blyderivier sorg darem daarvoor dat daar nog redelike vars water in die Krugerwildtuin inloop.”
Navorsers wat aan die atlas gewerk het, het gesê Suid-Afrika het nog 62 riviere (van hulle net klein sytakkies) wat vryvloeiend is en waarin geen damme gebou is nie. Dít verteenwoordig net 4% van die land se varswaterbronne.
In die atlas word kritiek uitgespreek oor die invloed wat damme, asook oordragskemas op ekostelsels het.
Syfers
50 van Suid-Afrika se varswatervisspesies is op die rand van uitsterwing.
22 % van die land se riviere of dele van rivierstelsels moet as ’n prioriteit bewaar word.
57% van die l and se rivierekostelsels en 65 % van v l eilan d e wo r d ernstig bedreig.
Enkele van die vryvloeiende riviere in die land is: Groot Marico (naby die opvangsbied) in Noordwes, die opvangsgebied van die Vaalrivier, die Mutale, Luvuvhu en die Mohlapitse in Limpopo, die Mkuze en sy sytakke, asook die Swart Mfolozi (KwaZulu-Natal).
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Beeld