Water pleks van koeldrank voorkom diabetes
2011-09-16 10:01
New York – Om ‘n glas water bo ‘n gaskoeldrankie te verkies kan jou kans op diabetes en hartsiektes merkwaardig verminder, het kenners gesê.
Vooraanstaande kenners van die Harvard-universiteit in Amerika lê nuwe bevindinge voor wat wys om water bo gaskoeldranke te verkies kan die figuur goed doen en die kans op diabetes met 7% verlaag.
Hul bevindinge is in Sustaining the Blue Planet: Global Water Education Conference gepubliseer.
“Daar is bewyse dat die inname van gaskoeldranke wat suiker bevat, verband hou met diabetes en ‘n ongesonde gewig,” het Frank Hu van die universiteit gesê.
“Om die kans op hartsiektes te verminder is dit belangrik om water of skoon tee sonder suiker bo dié drankies te verkies,” het hy bygeboeg.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.