Water beter as energiedrankies
2010-05-03 12:28
Cologne - Energiedrankies is net in 'n paar uithouvermoësporte effektief, meen 'n Duitse universiteit.
Ingo Froboese, 'n professor by die Duitse Sportuniversiteit se gesondheidsafdeling, meen die energie wat deur die drankies verskaf word, help slegs tydens die laaste 30 minute van 'n fietsrykompetisie of maraton.
"Moenie andersins met hulle bodder nie," het Froboese Maandag gesê.
Froboese meen die beste vloeistof om in te neem tydens oefening of atletiekkompetisies is water, sonder gas of gekombineer met goeie vrugtesap.
Energiedrankies is uiters hoog in kalorieë, met 'n gemiddeld van 125 per bediening. Die vloeistof bevat gewoonlik 'n mengsel van kafeïne en taurine, 'n aminosuur wat water en mineraalsoute in die liggaam beheer.
Om die rede, meer die professor, is energiedrankies nie so goed om sportmense te dors te les soos water nie.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.