Wat is vuiler as jou toilet?
2010-09-29 05:46
As jy dink jou huis is een van die skoonste plekke wat daar is, dink weer!
Hier is ‘n lys van plekke en dinge wat baie vuil is in jou huis en moontlik ‘n gevaar vir jou en ander familielede inhou.
Tandeborsel
Indien jy jou toilet spoel sonder om die deksel toe te maak, kan die waterspatsels in die lug opspuit en op jou wasbakkie en tandeborsels beland. Maak dus die deksel toe voor jy die toilet spoel en ontsmet jou krane en handvatsels.
Kombuis wasbak
Jou wasbak in die kombuis bevat 100 000 keer meer kieme as jou badkamer. Sponsies dra ook kieme en is vol bakterië. Jou snybord het twee keer soveel bakterië as ‘n toiletsitplek.
Was jou sponsies in die skottelgoedwasser en vervang dit dikwels. Gebruik ook verskillende snyborde vir vleis, vis en groente en maak dit skoon na elke gebruik.
Rekenaar
Jou sleutelbord dra ook ‘n jaar se broodkrummels. Draai dit om en skud al die vullis af. Moet ook nie van jou muis vergeet nie.
Selfoon
Jou selfoon het 18 keer meer kieme as die handvatsel van jou toilet. Dieselfde geld vir jou huis- en kantoor telefone.
- Volg Nuus24 op Twitter.