Waarskuwing oor ‘natuurlike’ verslankmiddels

2010-10-16 23:41
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Dokters behoort pasiënte met vreemde simptome uit te vra oor hul gebruik van verslankingsmiddels wat oor die toonbank gekoop word en owerhede behoort dié produkte omvattend te toets.

So het ’n Hongkongse navorser vandeesweek gewaarsku nadat haar ontleding van 81

verslankingsprodukte wat mense siek gemaak het, getoon het dit bevat 12 onwettige aanvullings.

Dr. Magdalene Tang van die Prinses Magaret-hospitaal se toksikologiese laboratorium het 66 gevalle ondersoek waar mense simptome getoon het nadat hulle “natuurlike” verslankingsmiddels gedrink het.

Die gevalle is tussen 2004 en 2009 by die laboratorium aangemeld en dit was middels wat die mense oor die toonbank of op die internet gekoop het.

Luidens die studie wat in eergister se uitgawe van die British Journal of Clinical Pharmacology gepubliseer is, is een mens dood en agt se simptome was ernstig.

’n Kwart van die produkte het net een onwettige bestanddeel gehad, 48% het twee bevat en een produk ses.

73% van die produkte het die voorskrifmiddel sibutramien bevat wat pas aan die mark vir voorskrifmedisyne onttrek is weens vrese dat dit kan lei tot ’n groter risiko om ’n hartaanval of beroerte te kry.
Daar was ook analaloë (struktureel aangepaste vorms) van sibutramien wat in vorige studies verbind is met lewerskade.

Sowat 16% van die produkte het fenfluramien bevat. Dit is ’n dieetmiddel wat die serotonienvlak verhoog en in 1997 aan die mark onttrek is ná gevalle van hartklepsiekte.

’n Derde van die middels het fenolftaleïen bevat. Dit is ’n lakseermiddel wat aan die mark onttrek is nadat studies getoon het dit kan kanker veroorsaak.

“Mense hou van die idee om ’n natuurlike produk te gebruik omdat hulle glo natuurlik is veilig.

“Daar is twee probleme. Nie alle natuurlike middels is skadeloos nie en van die middels bevat potensieel gevaarlike vervaardigde medisyne,” het Tang aan EurekAlert! gesê.

Sy stel voor dat die owerhede eerder breëspektrum-siftingstoetse op sulke produkte doen as die huidige metode om verdagte middels vir spesifieke bestand-dele te probeer toets.

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: dieet  |  pille

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.