Vroulike ape beter onnies
2010-03-19 03:00
Kaapstad – Wetenskaplikes wat ‘n groep wilde blouapies in Suid-Afrika bestudeer, het gevind dat apies makliker leer by vroulike apies as manlike apies, berig BBC.
Eers het ‘n dominante vroulike apie, en toe ‘n dominante manlike apie, ‘n eenvoudige taak aan ‘n groep apies gedemonstreer.
Keer op keer het die groep apies beter gereageer op die dominante vroulike apie as leermeester as wanneer hulle by 'n dominante manlike apie moes leer.
Die dominante apies is eerste gewys hoe om ‘n boks met vrugte in self oop te kry.
Daarna is hulle die geleentheid gegee om dié nuwe vaardigheid aan die ander blouapies oor te dra deur dit oor en oor aan hulle te demonstreer.
Die wetenskaplikes het keer op keer gevind dat die apies meer sukses behaal met die taak as hulle dit by ‘n vroulike apie gesien het as wanneer ‘n manlike apie vir hulle gewys het hoe om die boks oop te maak.
Kliek hier vir die volledige storie.