Vroue word vet na troue, mans na egskeiding
2011-08-23 13:31
Las Vegas – Om ‘n huwelik te betree maak dalk die bruid se pa se beursie skraler, maar die teenoorgestelde geld vir haar middellyf, het ‘n onlangse studie bevind.
Die studie het bevind vroue is geneig om gewig op te tel as die trouklokke sy laaste lui slaan. Mans tel egter meestal gewig op kort na die skeipapiere geteken is, het die studie bevind.
“As mens se lewe drasties verander, kan mens gewig optel,” het die hoofnavorser Dmitry Tumin van die Ohio-universiteit in Amerika gesê.
Mans en vroue ouer as 30 jaar is meer geneig om die kilo’s aan te sit na die troue of die egskeiding, het die studie bevind.
“Soos mens ouer raak, is ‘n groot verandering soos ‘n nuwe huwelik of ‘n egskeiding ‘n moeiliker aanpassing as wanneer mens jonk is,” het Tumin gesê.
Die navorsing is Maandag voor ‘n vergadering van die Amerikaanse Sosiologiese Vereniging in Las Vegas voorgelê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.