Vroue wat rook het 25% meer hartkwale as mans
2011-08-11 19:36
Washington – Vroue wat rook is 25% keer meer geneig om hartkwale te ontwikkel as hul manlike rokervriende, het ‘n nuwe studie bevind.
Die giftige chemiese stowwe in tabakrook mag dalk ‘n swaarder effek op vrou hê weens biologiese verskille, meen wetenskaplikes.
Die Amerikaanse wetenskaplikes het resultate van 86 studies van altesaam sowat 4 miljoen vroue bymekaar gesit om by hul bevindinge uit te kom.
Na hulle ander faktore uit hul bevindinge gesny het, het hulle bevind vroue wat rook is 25% meer geneig om hartprobleme te ontwikkel as net soveel soos ‘n man rook.
Vroue se kans op hartprobleme het 2% gestyg vir elke jaar wat hulle rook.
Die bevindinge is in die mediese joernaal The Lancet gepubliseer.
“Vroue neem ‘n groter hoeveelheid karsinogeniese stowwe as mans op uit dieselfde hoeveelheid sigarette,” het die navorsers Rachel Huxley, van die Minnesota-universiteit, en Mark Woodward, van die John Hopkins-universiteit, geskryf.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP