Ondergewig vroue sukkel ook om ma te word
2011-10-21 09:40
New York – 'n Wanbalans van hormone by ondergewig vroue kan die kans om ma te word net soveel verminder soos by oorgewig vroue, het nuwe navorsing bevind.
Maer vroue sukkel dikwels om swanger te raak, meen navorsers.
Dit is as gevolg van hul wisselvallige menstruele siklus en lae vlakke van die hormoon estrogeen.
Kenners in Chicago het data van 2 362 siklusse van vroue onder 40 jaar se in vitro-fertiliteitsterapie (IVF) bestudeer.
Ondergewig vroue met ‘n liggaamsmassa-indeks (BMI) tussen 14 en 18 het ‘n 34% kans om ‘n gesonde baba die lewe in te bring.
Vroue met ‘n gesonde gewig en vroue wat effens oorgewig was (met ‘n BMI tussen 19 en 28) het ‘n 50% kans gehad om ‘n gesonde baba te kry terwyl vroue met vetsug (BMI tussen 29 en 43) ‘n 45% kans gehad het om ma te word.
Richard Sherbahn van die Advanced Fertility Centre in Chicago het die studie onderneem en sal die bevindinge voor ‘n vergadering van die American Society for Reproductive Medicine voorlê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.