Vroue in Japan leef nie meer die langste
2012-07-27 14:00
Tokio – Japannese vroue is in meer as 25 jaar hul titel van vroue met die langste lewensverwagting kwyt, het beamptes gesê.
Dít volg nadat 'n aardbewing in die land vroue se lewensverwagting met vyf maande verkort het.
Die Japannese is bekend vir hul langlewendheid, wat toegeskryf word aan 'n gesonde tradisionele dieet en aktiewe leefstyl.
Die ministerie van gesondheid in die land het gesê die sterftes weens natuurrampe in die land is 'n sleutelfaktor in die berekening van pasgebore babas se verwagte lewensduur van 86,3 jaar in 2010 tot 85,9.
Japannese vroue het elke jaar sedert 1985 die langste lewensverwagting ter wêreld, maar hulle het een plek afgeskuif nadat die jongste syfers bekendgemaak is. Hongkong, waar vroue tot 86,7 jaar oud kan leef, is in die eerste posisie.
Spaanse vroue is in die derde posisie met 84,8 jaar, gevolg deur Frankryk op 84,8.
"Ons kan nie sê Japannese vroue se lewensverwagting is op die langtermyn besig om te verkort nie. Die aardbewing word gesien as 'n faktor wat die lewensverwagting op daardie tyd beïnvloed het," het die ministerie gesê.
Japannese mans, wat wêreldwyd die agtste posisie op die lys beklee, se lewensverwagting is ook verkort na 79,4 jaar.
'n Aardbewing van 9,0 het op 11 Maart verlede jaar in noordelike Japan 'n tsoenami en die wêreld se grootste kernramp veroorsaak. Sowat 19 000 mense is of dood of vermis.
– Volg Nuus24 op
Twitter
- AFP