Vrou sê op Facebook sy wil selfmoord pleeg
2010-12-27 22:46
Rome – ‘n Italiaanse vrou het op Facebook aangekondig dat sy gaan selfmoord pleeg, maar gelukkig het een van haar Facebook-vriende gou genoeg gereageer en die polisie ingeroep.
Die vrou wou haar eie lewe neem ná sy haar werk verloor het.
Sy het haar beoogde selfmoord op Facebook aangekondig, waarna een van haar vriende op die sosiale netwerk, die polisie se hulp ingeroep het.
Die polisie het die vrou gebel en met haar op die telefoon gesels totdat hospitaal werkers en polisielede by haar huis opgedaag het en haar oorreed het om nie haar plan uit te voer nie.
Die vrou was baie ongelukkig oor die feit dat sy genoodsaak is om by haar ouers in te trek nadat sy haar werk verloor het.
Volg Nuus24 op Twitter.