Vrou aangerand wat nie Facebook-brokkie 'Like'
2011-10-10 10:00
New York – ‘n Man van Texas het skuldig gepleit op die aanklagte van aanranding ná hy sy vervreemde vrou aangeval het omdat sy nie op ‘n brokkie op Facebook reageer het nie.
Benito Apolinar het ‘n brokkie op die sosiale netwerk gelaai wat die dood van sy ma herdenk.
Toe sy vervreemde vrou nie daarop reageer het nie, het hy haar by haar huis in Carlsbad, Nieu-Mexiko gekonfronteer.
“Dit is ongelooflik,” het hy glo vir haar gesê. “Almal ‘Like’ dit, behalwe jy.”
“Jy is my vrou, jy moet dit eerste ‘Like,’” het hy glo vir haar gesê voor hy haar op die wang geslaan het en haar hare getrek het.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.