Vroeggebore babas meer outisties
2011-10-17 14:55
New York – Babas wat vroeg en klein gebore is, is vyf keer meer geneig om outisme te ontwikkel as babas wat fris en gesond gebore is, het navorsers bevind.
Navorsers weet lankal vroeggebore babas het ‘n hoë risiko om gesondheidsprobleme te ontwikkel, maar die nuwe studie in die joernaal Pediatrics is die eerste om ‘n verband tussen geboortegewig en outisme te trek.
Die babas wat bestudeer is, het by geboorte tussen 500 g en 2 kg geweeg.
Oor tyd is 5% van die ondergewig babas met outisme gediagnoseer in vergelyking met die 1% van ander babas.
“Soos die oorlewing van die kleinste babas verbeter, is die ontwikkeling van hierdie babas ‘n groot struikelblok vir publieke gesondheid,” het die hoofnavorser Jennifer Pinto-Martin van die Universiteit van Pennsylvania gesê.
“Kognitiewe probleme by dié kinders kan ‘n teken van onderliggende outisme wees.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP