Vroeë behandeling verlaag MIV-risiko met 96%
2011-05-13 09:54
Johannesburg - 'n Onlangse studie wat op 13 plekke regoor die wêreld gedoen is toon dat vroeë MIV-behandeling die risiko vir infeksie met tot 96% verminder.
Altesaam 97 pare in Suid-Afrika het by die Chris Hani Baragwanath- en Helen Joseph-hospitale in Johannesburg aan die navorsing deelgeneem.
Die navorser by die Universiteit van Witwatersrand, Guy de Bruyn, het gesê dit was een van die grootste deurbrake in die soektog na 'n geneesmiddel vir Vigs.
Hy het gesê dit is dus nou 'n onomwonde feit dat mense wat vroeg met MIV-behandeling begin, aansienlik beter daaraan toe is as diegene wat terapie volgens die standaard riglyne ontvang.
Die Kliniese MIV Adviesraad het intussen die bevindings verwelkom.
Die raadslid, Khosi Mazibuko, het gesê hulle moet nou met die regering beraadslaag om mense met MIV vroeër te begin behandel.
Volg Nuus24 op Twitter.
-RSG