Vreemde klagtes kom uit toe polisie tweet
2010-10-15 15:03
Manchester – Polisie in die groter Manchester-omgewing (GMP) het 3 205 voorvalle wat hulle in 24 uur hanteer het op Twitter geplaas om die kompleksiteit van hul werk te beklemtoon.
Die polisie het oor elke klag wat van 05:00 Donderdagoggend tot 05:00 Vrydagoggend ontvang is getweet om die verskeidenheid oproepe wat die polisie ontvang te demonstreer.
Die GMP se tweets het gewissel van iemand wat ingebel het om te sê daar is ‘n rot in hul huis en dat ‘n kat moontlik verantwoordelik is, tot ‘n vrou wat gekla het dat ‘n man vir haar geskree het Jy is pragtig!”
Daar was meer ernstige gevalle ook, soos ‘n kind wat beserings opgedoen het en ‘n ongeluk op ‘n snelweg.
Beamptes het 341 mense in hegtenis geneem en 126 mense was steeds in aanhouding.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters