Voorbehoedmiddel krap dalk reukseine na mans om

2010-08-02 11:51
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Hormonale geboortebeperking krap die reukseine wat vroue na mans stuur, dalk so deurmekaar dat dit mans se keuse van maats moontlik kan beïnvloed.

Hieroor bespiegel navorsers nadat ’n Amerikaanse studie getoon het manlike lemurs wat in hokke woon, verkies vroulike ape wat nie hormonale voorbehoeding kry nie.

Prof. Christine Drea, ’n professor in evolusionêre antropologie aan die Duke-universiteit in Noord-Carolina, het aan Eurek Alert! gesê voorbehoeding verander die chemiese leidrade wat diere na mekaar stuur om oor genetiese geskiktheid, individualiteit en familieverwantskap te kommunikeer.

Dit geld veral diere soos lemurs, wat sterk op reukseine staatmaak. Volgens Drea het vorige studies getoon hormonale voorbehoedmiddels verander hoe begeerlik vroue vir mans “ruik”, asook die vrugbaarheidseine by soogdiere.

Luidens haar studie, wat aanlyn in die Proceedings of the Royal Society B gepubliseer is, word hormonale voorbehoeding dwarsdeur vroue se vrugbare jare en ná die oorgangsjare gebruik terwyl dit gereeld aan wilde en hokdiere toegedien word om hul voortplanting vir bewaringsdoeleindes te beheer.

Tog weet ons min oor die mate waarin dit die kwantiteit en kwaliteit van vroue se reukseine beïnvloed.

Drea wou vasstel in watter mate dit die lemurs se gedrag beïnvloed. Vorige studies het al getoon dit kan vroue se voorkeur vir mans wat geneties anders as hulle is, omkeer en mans se vermoë om veranderings in vroue se vrugbaarheidsiklusse waar te neem, beperk.

Vroue se gesigsuitdrukkings, stemtoon, die aantreklikheid van hul sweet en sekere vetsure in hul liggaamstowwe verander byvoorbeeld in die maandelikse siklus. Twaalf vroulike lemurs in die Duke-lemursentrum is maandeliks met hormonale voorbehoeding (medroksieprogesteroon-asetaat) ingespuit.

Drea se chemiese ontleding het getoon dié ape het ander reukmolekules vrygestel as dié wat nie die inspuitings gekry het nie.

Dit het die boodskappe wat die vroulike ape oor hulself aan sosiale kontakte en moontlike maats gestuur het, beduidend verander. Hulle het met ander woorde vir die res “snaaks geruik”.

Drea meen die vraag is of dié bevindings relevant is vir die menslike spesie.

“’n Mens wonder of mense se keuses dalk op dieselfde wyse geraak word as by dié soogdiere,” het sy gesê.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sci-tech

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.