Voëls nie gebore nesbouers nie
2011-09-26 08:34
Londen – ‘n Nuwe studie het bevind voëls leer hoe om nes te bou en kan nie bloot op instink staatmaak om die konstruksie van hul tuistes te voltooi nie.
Navorsers van die Edinburgh-, Glasgow- en St Andrews-universiteit het die swartkeelgeelvink in Botswana bestudeer.
Die navorser Patrick Walsh van die Edinburgh-universiteit het gesê die studie bevestig voëls “bou ondervinding” in die leerproses van nesbou.
Die navorsing is in die joernaal Behavioural Processes gepubliseer.
Soos die voëls meer ondervinding met die ingewikkelde konstruksie opgedoen het, het hulle minder gras en takkies tydens die bouproses laat val.
“Selfs vir voëls kom verbetering slegs met oefening,” het die navorsers gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.