Vodacom vergoed BlackBerry-gebruikers
2011-10-14 11:57
Johannesburg – Vodacom sal BlackBerry-gebruikers wat sy dienste gebruik met 20 gratis lugtydminute vergoed na die slimfoon se probleme met sy netwerk.
Die selfoondiensverskaffer het gesê die gratis minute sal slegs vir oproepe na ander Vodacom-gebruikers geldig wees.
BlackBerry-gebruikers sal ook 20 gratise SMS’e ontvang, het die maatskappy op Facebook bekendgemaak.
Die vervaardiger van BlackBerry, Research in Motion, het vandeesweek probleme met sy netwerk ervaar en gebruikers se slimfone is wêreldwyd drie dae lank stil gelaat.
“RIM se tegniese probleme was buite ons beheer,” het Portia Maurice van Vodacom gesê.
“Party BlackBerry-gebruikers was drie dae sonder diens. Dit is baie lank.”
“Dit is net reg dat ons met hierdie gebaar ons waardering vir hul geduld wys,” het Maurice gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.