Vodacom slaan vure dood oor BlackBerry-diens
2011-09-14 13:14
Johannesburg – Vodacom het sy planne om beperkings op sy BlackBerry Internet Service toe te pas, probeer verbloem na gebruikers ontsteld reageer het.
Die selfoondiensverskaffer het vroeër bekendgemaak hy sal gebruikers wat die diens “misbruik” se toegang tot data beperk.
“Ek verstaan julle griewe,” het Pieter Uys, die hoof van die maatskappy, op die sosiale netwerk Twitter gesê. “Ons beperk tans niemand se gebruik van die diens nie.”
“Ons werk saam met BlackBerry om met ‘n oplossing vir die bestuur van groot aflaailêers vorendag te kom,” het hy bygevoeg.
Uys het ook gesê hy is bekommerd gebruikers beskou die stappe wat Vodacom wil neem as ‘n straf.
“Dit is nie die geval nie,” het hy gesê. “Geen stappe is geneem om enige gebruiker se BlackBerry-diens se spoed te vertraag nie.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.