Vodacom ontketen herrie oor internet

2011-09-14 08:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Vodacom moes gister bont staan om aan BlackBerry-gebruikers te verduidelik ’n onlangse besluit om ’n spoedlimiet op die gebruik van BlackBerry-internetdienste (BIS) te plaas sal in die meeste gebruikers se guns tel.

Dít volg nadat Vodacom Maandag aangekondig het BIS-gebruikers wat meer as 100 MB se data per maand gebruik se internetspoed sal outomaties van die 3G-netwerk na die veel stadiger 2G-netwerk afgeskaal word.

“Ons het besef 95% van BlackBerry-data wat tans gebruik word, kan aan 5% van BlackBerry-gebruikers toegeskryf word,” lui Vodacom se verklaring.

“Daar is gevolglik besluit om stappe te doen om te verseker dat diegene wat die diens misbruik ander gebruikers wat die BIS-dienste regverdig gebruik, nie langer sal kan benadeel nie.”

Dié perk geld vir die gratis, onbeperkte BIS-dienste wat BlackBerry-eienaars vir internet-swerf (browsing) geniet.

Die aflaai van data soos toepassings en e-posaanhangsels, waarvoor BlackBerry-gebruikers wel betaal, word nie deur die spoedperk geraak nie.

Gebruikers, waarvan baie onder die indruk was die limiet kom neer op ’n databeperking (cap) vir BIS-dienste, het Dinsdag veral op Twitter sterk uitgevaar.

“Ons het juis BlackBerries vir die onbeperkte BIS gekoop, dit was die verkoopspunt! Hou julle verslegtende netwerkdienste,” het ene @regoworld gesê.

Louis Oelofse, ’n eNews Channel-joernalis, het op Twitter gevra of hy, as Vodacom die voorvereistes van BlackBerry-dienste deur die bank gaan verander, sy kontrak kan sluit.

@frisbee het gesê hy sal sy kontrak skuif. “Gelukkig verval my Vodacom-kontrak amper. Enige voorstelle vir BlackBerry-opsies op ander netwerke?”

Richard Boorman, woordvoerder van Vodacom, het Dinsdag gesê die meeste mense het die aankondiging verkeerd verstaan. “Dit behels ’n spoedlimiet vir die enkele gebruikers wat die BIS-dienste misbruik en is geensins ’n databeperking vir álle BlackBerry-gebruikers nie,” het Boorman gesê.

Vodacom het op hul Twitter-blad, @vodacom, vure probeer doodslaan deur gebruikers te verseker: hul gratis BIS-dienste sal steeds onbeperk bly; dat slegs internetspoed vir enkele gebruikers geraak sal word; dat 95% van BlackBerry-gebruikers in elk geval nooit 100 MB per maand oorskry nie; en dat meeste gebruikers weens die besluit vinniger internet sal ervaar.

Boorman het gesê Vodacom het juis tot dié besluit gekom om BlackBerry-gebruikers te bevoordeel.

Hy het gesê een selfoonkliënt kon daarin slaag om met die hulp van sagteware sy selfoon as ’n modem te gebruik en kon in een maand 300 GB data aflaai.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: vodacom

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.