Vodacom-gebruikers sien rooi
2011-06-30 15:55
Kaapstad – Kort
voor die Rica-sperdatum Donderdag het die selfoondiensverskaffer Vodacom gesê hy
ervaar tegniese probleme met sy netwerk.
Op die sosiale
netwerk Twitter is die hutsmerker #vodacom een van die mees bespreekte
onderwerpe en gebruikers laat hulle stemme hoor.
“My slimfoon is
vandag so slim ek kan nie ‘n oproep maak nie,” het een gebruiker getweet.
“Ons is bewus van
sekere gebruikers se probleme om oproepe te maak en SMSe te stuur. Ons is
jammer daaroor en ons werk aan ‘n regstelling,” het Vodacom getweet.
Simkaarte wat
teen middernag Donderdag nie volgens die Rica-wetgewing geregistreer is nie,
sal afgesny word, het diensverskaffers vandeesweek benadruk.
Diensverskaffers
het gesê hulle verwag ‘n groot instroming van gebruikers wat kort voor spertyd
sal probeer registreer.
Vodacom het ook Woensdag erken hy ondervind probleme om
sommige herlaai-betalings tydig te registreer.
– Volg Nuus24 op Twitter.