'Vloedhulp vir boere wat kwalifiseer'
2011-06-01 08:38
Kaapstad - Die departement van landbou, bosbou en visserye het geen kommentaar oor ‘n stelling oor vloedhulp wat minister Tina Joemat-Pettersson glo gemaak het nie.
Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, het gesê hy het onlangs met die minister gepraat.
“Sy het gesê haar finale antwoord is daar sal géén hulp vir kommersiële boere wees nie, nét opkomende boere sal gehelp word.”
Selby Bokaba, die minister se woordvoerder, het gesê hy kan slegs amptelik op dié stelling antwoord en het verwys na dit wat in die departement se voorgestelde beleidsdokument staan.
“Die skema sal bystand gee aan boere en plaaswerkers wat daarvoor kwalifiseer, vir skade aan landbou-infrastruktuur, die restorasie van landerye en die rehabilitasie van grond deur diensteverskaffers wat die departement van landbou, bosbou en visserye sal aanwys.”
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad