Vloede: Oesverlies-hulp nodig
2011-01-20 18:00
Johannesburg - Boere langs die Oranje- en Vaalrivier hou hul asems op vir ramphulp vir oes-verliese, want nie almal het versekering nie, het Landbouweeklbad berig.
Jors van der Westhuizen, ‘n wingerd- en katoenboer van die Grootdrink-distrik, sê 23 boere in die distrik het meer as 50% van hulle oeste verloor.
“Ons is redelik baie ouens wat, weens die lae pryse wat ons kry en die styging in insetkostes, die afgelope vyf jaar nie versekering kon bekostig nie. Ons is eintlik afhanklik van ramphulp”.
Lees meer hier.
- Landbouweekblad