Vloed-waarskuwing in die Noord-Kaap
2011-01-11 22:25
Johannesburg – Die departement van waterwese het gewaarsku dat die Oranjerivier in die Noord-Kaap binnekort sy walle gaan oorstroom.
Oorstroming sal blykbaar rivieraf van waar die Oranje- en die Vaal-rivier saamvloei, plaasvind.
“Inwoners sal ekstra versigtig moet wees want die watervlakke sal na verwagte vinnig styg,” het die departement gewaarsku.
Op 13 Januarie, sal die piek van die vloed in Uppington 5140 kubieke meter per sekonde wees.
“Die Vaaldam is tans 101% vol en die dam se afvloei is tot 1120 kubieke meters per sekonde verminder.
“Tien sluise is oopgelos en vier is vroeg vanoggend toegemaak,” het die departement in ‘n verklaring gesê.
Die Bloemhofdam is tans 98% vol en sal na verwagte teen Donderdag ook 101% vol wees.
Die Gariepdam is 117% vol en die afvloei is tans 2300 kubieke meter water per sekonde.
Die Vanderkloof dam se afvloei is tans 2430 kubieke meter water per sekonde en is 113% vol.
Volg Nuus24 op Twitter.