Vloed spoel slange by huise in
2011-05-12 19:07
New York – Die vloed wat die Mississippi-rivier in Tennessee se watervlak tot 14.5 m hoog laat styg het, spoel wilde diere in woonbuurte en huise in.
Met die watervlak wat nou in die stad sak, het die natuur nou die nuwe gevaar vir die mense geword, het Steve Shular van die sheriff se kantoor in die Shelby-distrik gesê.
Ontruimdes wat terugkeer, kan dalk deur ongewenste kuiergaste verwelkom word, meen hy.
“Ons begin nou probleme ervaar, veral met slange,” het Shular gesê. “Ons het al baie slange gesien; giftige, dodelike adders."
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.