Vliegtuig wat met sonkrag vlieg, getoets

2010-04-07 08:48
Tweets Share Share line Print

OP DIE VLERKE VAN DIE SON: Solar Impulse HB-SIA onderneem vandag sy eerste toetsvlug.(Solar Impulse)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – Die eerste lugvaartuig wat ontwerp is om dag en nag sonder brandstof te vlieg, onderneem vandag sy eerste toetsvlug vanuit Payerne in Switserland.

Die HB-SIA, soos die vliegtuig bekend is, is die geesteskind van Bertrand Piccard, president van Solar Impulse, die maatskappy wat dié sonkragaangedrewe prototipe-vliegtuig ontwerp en gebou het.

Die prototipe is in Junie verlede jaar in Zürich onthul. Die vlerkspan van 63,4 m is vergelykbaar met ’n Airbus A340, maar teen 1 600 kg weeg dit soveel soos ’n gemiddelde motor.

“Gister was dit ’n droom. Vandag is dit ’n vliegtuig. Môre sal dit die ambassadeur van hernubare energie wees,” het Piccard toe gesê.

Geen lugvaartuig wat so groot, maar so lig is, is al tevore gebou nie.

Die toetsvlug sal na verwagting 90 minute duur en die tuig behoort ’n hoogte van 1 000 m te bereik.

Reuters het berig die vliegtuig kombineer vindingryke aërodinamiese eienskappe, nuwe liggewig-boumateriaal sterk genoeg om die druk by hoë hoogtes te weerstaan en gevorderde sonkragtegnologie.

“As ’n vliegtuig daarin kan slaag om dag en nag sonder brandstof te vlieg met slegs sonkrag wat dit aandryf, sal niemand meer kan sê dis onmoontlik om dieselfde in motors en rekenaars reg te kry nie,” het Piccard gesê.

Die vliegtuig word deur vier elektriese motors in die lug gehou.

Ongeveer 12 000 sonselle is in die vlerke gebou en dit verskaf die motors met hernubare energie en laai boonop sy batterye gedurende die dag sodat dit ook snags kan vlieg.

Maar met ’n gemiddelde vliegspoed van 70 km/h sal dit nie binnekort enige spoedrekords breek nie.

– Beeld

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.