Vlieg met goue agterstewe word na Beyonce vernoem
2012-01-16 21:08
Canberra – ‘n Nuwe spesie van die steekvlieg wat in Australië ontdek is, is so “bootylicious” met sy goue agterstewe dat die wetenskaplikes aan net een naam daarvoor kon dink: Beyonce.
Die uitslae wat deur Bryan Lessard, ‘n Australiese wetenskaplike, saamgestel is, is verlede week bekendgemaak. Die spesies is vir die eerste keer in 1981 gevang – die jaar waarin die popsangeres Beyonce gebore is.
Lessard wou die skoonheid van die insek vereer deur dit Scaptia (Plinthina) beyonceae te noem.
Hy het gesê dat Beyonce “verewig in natuurgeskiedenisboeke sal wees.” Hy het gesê dat die vlieg wat nou sy naam met haar deel nogal “bootylicious” is so met sy goue agterstewe.
"Bootylicious" is die titel van ‘n liedjie van Destiny’s Child, ‘n musiekgroep waarin Beyonce gesing het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP